Die kleintjie

Die kleintjie en haar pa het gister ‘n warm gesprek gehad.

Oor haar klere wat so skraps is.

Daar het heelwat woorde geval – nogal vreemd vir die kleintjie – sy is eintlik heel bedaard.

Toe dit nou duidelik word dat sy nie die geveg gaan wen nie, spring sy om en snou vir haar pa so in die verbygaan:

“Laat ek nou maar net ander klere gaan aantrek want in hierdie huis is ons almal mos fucking nuns.”

Waarop die pa blitsig reageer:

“En hou op om jou tale te meng.”

So……in ons huis mag jy maar vloek…..moet net nie jou tale meng nie 🙂

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

14 Responses to Die kleintjie

  1. murphy sê:

    Dis nou presies hieroor dat ek bly is ek het nie miesiekinders nie. Ek moet net byvoeg hierdie is vir my regtig eintlik hilarious. 🙂 Sorry!

  2. MaanKind sê:

    Ek wou nou weer met woorde speel, en gewag vir iets soos Fakeen nuns, of fucking nuns?

  3. melouisef sê:

    Hulle spaar materiaal moet sy vir pa sê
    🙂
    En kyk hoe slim is jy – ek probeer nog uitfigure van die blogrol ding want ek het alweer vergeet…
    😀

    • Man, dit het my seker die hele aand geneem om uit te werk hoe die goed werk. En nes ek weet hoe een ding werk, dan neem ek aan alles werk so, en dan sink ek weer myself. As jy oud en dom is moet jy maar swaarkry lyk dit my. 🙂

  4. Sug… maar mens kan nie sonder hulle nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s